Hosea 14:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O Israel, bekeer julle tot die HERE jou God; want jy het deur jou ongeregtigheid geval.
Afrikaans (NLV) 2011 Die inwoners van Samaria moet die gevolge van hulle skuld dra, want hulle het teen hulle God in opstand gekom. Hulle sal deur die swaard doodgemaak word. Hulle klein kindertjies sal verpletter word, hulle verwagtende vroue sal oopgesny word.
Afrikaans 1933/1953 Samar¡a sal daarvoor boet, omdat hy weerspannig was teen sy God; hulle sal val deur die swaard, hulle kinders sal verpletter en hulle swanger vroue oopgesny word.
Afrikaans 1983 Samaria sal boet, want hy is in opstand teen sy God. Die mans sal met die swaard doodgesteek word, die klein kindertjies sal verpletter word en die swanger vrouens sal oopgesny word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Samaria gaan boet, want sy was in opstand teen haar God. Deur die swaard sal hulle val; hulle kinders sal verpletter word, hulle swanger vroue sal oopgesny word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van die stad Samaria moet tevrede wees wanneer God hulle straf, want hulle wou nie luister na hulle God nie. Die vyande sal hulle doodmaak, die vyande sal hulle babatjies doodslaan en hulle sal die swanger vroue oopkap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Samaria sal betaal vir sy skuld. Hy het mos met sy God baklei. Die vyand sal sy mans met swaarde doodmaak. Sy kinders sal uitgeroei word. Hulle sal vroue wat babas verwag met swaarde oopsny.”