Hosea 13:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal hulle tegemoet gaan soos 'n beer wat van haar kleintjies beroof is, en Ek sal die kop van hulle hart skeur, en Ek sal hulle daar verslind soos 'n leeu: die wilde dier sal hulle verskeur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal hulle aanval soos ’n beer wat van haar kleintjies beroof is. Ek sal hulle oopskeur en verslind soos ’n honger leeu. Wilde diere sal hulle uitmekaarskeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek val hulle aan soos 'n beer wat van kleintjies beroof is, en Ek skeur hulle borskas oop; en soos 'n leeuin verslind Ek hulle daar, die wilde diere van die veld sal hulle verskeur. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal hulle aanval soos 'n beerwyfie wie se kleintjies afgeneem is. Ek sal hulle borskaste oopskeur. Soos 'n leeu sal Ek hulle daar verslind. Roofdiere sal hulle uitmekaarskeur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal hulle aanval soos 'n beer wat haar kleintjies verloor het. Ek sal hulle borskas oopskeur. Soos 'n leeuwyfie sal ek hulle net daar verslind; die wilde diere sal hulle uitmekaar skeur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek was so kwaad soos 'n beer-wyfie wanneer iemand haar kleintjies wegvat. Soos 'n leeu wou Ek hulle bors oopskeur en hulle opvreet. Soos 'n roofdier wou Ek hulle stukkend skeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal hulle aanval soos ’n woedende beer as iemand haar kleintjie by haar probeer wegvat. Ek sal hulle uitmekaarskeur. Ek sal daar langs die pad gaan lê en hulle opvreet soos ’n leeuwyfie. Wanneer Ek klaar is, sal die wilde diere van die veld hulle verder uitmekaarskeur en opvreet. |