Hosea 13:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal Ek vir hulle wees soos 'n leeu; soos 'n luiperd op die pad sal Ek hulle aanskou;
Afrikaans (NLV) 2011 Nou word Ek vir hulle soos ’n leeu, soos ’n luiperd wat langs die pad ’n prooi voorlê.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Ek vir hulle soos 'n leeu geword, soos 'n luiperd lê Ek by die pad en loer.
Afrikaans 1983 Toe het Ek vir hulle geword soos 'n leeu, soos 'n luiperd wat vir hulle langs die pad voorlê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het vir hulle soos 'n leeu geword, soos 'n luiperd langs die pad hou Ek hulle dop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek het toe besluit Ek wil die mense van Efraim doodmaak. Ek het geword soos 'n leeu, soos 'n luiperd wat langs die pad vir hulle lê en wag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het daarom vir hulle soos ’n leeu geword wat hulle wil verskeur. Ek is vir hulle net soos ’n luiperd wat langs die pad lê en wag dat sy prooi moet kom.