Hosea 13:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Volgens hulle weiveld is hulle versadig; hulle is versadig, en hulle hart is verhewe; daarom het hulle My vergeet.
Afrikaans (NLV) 2011 By goeie weiding aangekom, het hulle hulle dik geëet. Toe hulle genoeg geëet het, het hulle hoogmoedig geword en van My vergeet.
Afrikaans 1933/1953 Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.
Afrikaans 1983 Maar toe hulle by goeie weiding gebring is, het hulle hulle vol geëet, en toe hulle vol geëet was, het hulle hoogmoedig geword. Daarom het hulle My vergeet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar toe hulle weiding kry, het hulle versadig geraak; hulle het versadig geraak en hoogmoedig geword – daarom het hulle My vergeet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe Ek vir hulle kos gegee het, en hulle genoeg geëet het, toe het hulle hoogmoedig geword en hulle het vergeet dat Ek hulle God is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hulle daarna in ’n vrugbare land kom, was hulle soos skape wat hulle knuppeldik gevreet het. Hulle het gedink dat hulle My nie meer nodig het nie. Hulle het die rug vir My gedraai asof Ek oorbodig was.