Hosea 13:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek is die HERE jou God van Egipteland af, en jy sal geen god behalwe My ken nie, want buiten My is daar geen Redder nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek is die Here jou God wat jou uit die slawerny van Egipte gered het. Jy het geen ander God as Ek nie, want daar is geen ander redder nie.
Afrikaans 1933/1953 Tog was Ek, die HERE, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.
Afrikaans 1983 Ek is die Here jou God van die tyd van Egipte af. Jy het geen ander god geken nie en jy het geen ander redder gehad nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ek is die Here jou God – al van Egipteland af. Buiten My het jy geen ander god geken nie, en naas My was daar geen redder nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Toe hulle uit Egipte gekom het, was Ek hulle God die Here. Net Ek was naby hulle, daar was nie 'n ander god wat hulle kon red nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek is die Here. Ek is jou God. Ek het jou uit Egipte gered. Julle behoort nie aan enige ander god nie. Julle behoort net aan My. Daar is niemand anders wat julle kan verlos nie. Dit is net Ek wat julle uit julle probleme kan red.”