Hosea 13:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal hulle wees soos die môrewolk en soos die vroeë dou wat verbygaan, soos die kaf wat met die warrelwind uit die vloer gedryf word, en soos die rook uit die skoorsteen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sal hulle verdwyn soos ’n môrewolkie, soos dou wat vroegoggend verdwyn, soos kaf wat die wind wegwaai van die dorsvloer af, soos rook uit ’n skoorsteen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal hulle wees soos 'n môre wolk en soos dou wat vroeg weer verdwyn, soos kaf wat wegvlieg van die dorsvloer en soos rook uit die venster. |
| Afrikaans 1983 | Daarom sal hulle so vinnig verdwyn soos 'n môrewolkie, soos dou. Hulle sal weggewaai word soos kaf van 'n dorsvloer af, soos rook uit 'n skoorsteen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom sal hulle word soos 'n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn, soos kaf wat van die dorsvloer, soos rook wat uit 'n venster, weggewaai word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal die mense van Efraim verdwyn soos 'n wolk in die oggend, soos dou wat vroeg weggaan. Hulle sal verdwyn soos kaf wat wegwaai van die dorsvloer, soos rook wat kom deur 'n gat in 'n huis se muur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat hulle goed aanbid wat mense gemaak het, sal hulle nie vir altyd bly staan nie. Hulle sal verdwyn soos die vroeë oggendmis voor die son verdwyn. Hulle sal wees soos dou wat vroeg in die oggend al verdamp. Hulle sal wees soos kaf wat die wind van die dorsvloer af wegwaai, soos rook wat by ’n skoorsteen uitgaan en in die wind wegwaai. |