Hosea 13:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou sondig hulle meer en meer en maak vir hulle gegote beelde van hulle silwer en afgode volgens hulle eie insig, dit alles die werk van die ambagsmanne; hulle sê van hulle: Laat die manne wat offer, die kalwers soen.
Afrikaans (NLV) 2011 Nou gaan hulle aan om silwerafgodsbeeldjies te maak — beeldjies met bedrewe mensehande gemaak. Hulle roep uit: “Offer aan hulle! Soen die kalwerbeelde!”
Afrikaans 1933/1953 En nou gaan hulle voort om te sondig en het vir hulle 'n gegote beeld van hulle silwer gemaak, afgode volgens hulle insig, geheel en al smidswerk; van hulle word gesê: Die mense wat offer, vereer kalwers met kusse!
Afrikaans 1983 En nou hou hulle maar aan met sondig: hulle het vir hulle beelde gemaak, afgodsbeelde van silwer na eie smaak. Maar dit bly die handewerk van ambagsmanne! Van hierdie beelde sê hulle: “As 'n mens wil offer, moet jy hierdie kalwers soen.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en nou gaan hulle voort om te sondig. Hulle het vir hulle gegote beelde gemaak – afgode van hulle silwer, met vaardigheid, alles die handewerk van ambagsmanne. Van die beelde sê hulle: “Mense wat offer, moet die kalwers soen!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar nou doen hulle nog meer sonde: Hulle maak beelde. Hulle vat silwer en maak daarvan beelde van afgode soos hulle dink die beelde moet lyk. Ambagsmanne maak die beelde wat soos 'n bul-kalf lyk, en hulle sê die mense wat wil offer, moet die beelde soen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hulle doen selfs nog meer as dit. Hulle maak vir hulleself beelde van die afgode om daarvoor te buig. Hulle dink die afgode uit. Hulle maak uit silwer vir hulle beelde volgens hulle idees oor hoe die gode lyk. Maar dit bly tog maar net goed wat iemand uit silwer vir hulle gemaak het. Nogtans sê hulle: ‘Mens, offer vir die god. Buig voor die kalf en soen hom.’