Hosea 13:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al is hy vrugbaar onder sy broers, 'n oostewind sal kom, die wind van die HERE sal opkom uit die woestyn, en sy fontein sal droog word, en sy fontein sal verdroog; Hy sal die skat van alle lieflike voorwerpe buit.
Afrikaans (NLV) 2011 Efraim floreer tussen die riete, maar die oostewind, ’n rukwind van die Here, sal uit die woestyn kom. Dit sal hulle waterbronne verdroog en hulle lopende fonteine laat opdroog. Al hulle skatte en waardevolle besittings sal geplunder word.”
Afrikaans 1933/1953 Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom 'n oostewind, 'n wind van die HERE, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Di, sal 'n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof.
Afrikaans 1983 Al floreer Efraim ook soos 'n blom tussen die riete, die oostewind sal losbreek, 'n storm van die Here sal uit die woestyn kom en Efraim se waterbron sal opdroog, sy fontein sal gaan staan. Die storm sal al sy skatte en voorrade vernietig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, hy bring skeiding tussen broers. Die oostewind, die wind van die Here, steek al op in die woestyn, sodat Efraim se waterbron sal wegdroog, sy fontein sal opdroog. Dit sal die voorraadkamers plunder van alle kosbare voorwerpe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Efraim is soos 'n groen plant wat mooi groei tussen die riete, maar die oostewind sal kom. Die Here sal die wind stuur uit die woestyn, en daar sal niks water oorbly nie, die fonteine sal leeg word. Die vyande sal kom en hulle sal die mooi goed vat, hulle sal alles vat wat die mense bymekaargemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al het Efraim ook vooruitgegaan en bo die ander uitgestyg, die Here sal hom laat doodgaan. Die Here sal ’n oostewind stuur wat uit die woestyn waai en alles laat uitdroog. Sy land sal verdroog. Sy waterputte sal opdroog. Sy fonteine sal gaan staan. Die wind sal alles wat goed was in sy land, wegwaai.