Hosea 13:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal hulle loskoop uit die mag van die doderyk; Ek sal hulle van die dood verlos; o dood, Ek sal vir jou plae wees; O graf, ek sal jou verderf wees; bekering sal vir my oë verborge wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Moet Ek hulle loskoop uit die doderyk? Moet Ek hulle red uit die dood? O dood, bring maar jou verskrikking! O doderyk, bring maar jou plae! Ek sal beslis nie medelye hê nie!
Afrikaans 1933/1953 Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf? Berou bly vir my oë verborge.
Afrikaans 1983 Moet Ek hom red uit die mag van die dood? Moet Ek hom verlos uit die doderyk? Kom met jou peste, dood! Kom met jou plae, doderyk! Ek sal vir Efraim nie jammer kry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moet Ek hulle bevry uit die mag van die •doderyk? Moet Ek hulle van die dood loskoop? Waar is jou pessiektes, Dood? Waar is jou epidemie, Doderyk? Medelye is vir my oë verberg.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here vra: “Moet Ek nou betaal sodat hulle nie in die doderyk kom nie? Moet Ek betaal sodat hulle nie sterf nie? Nee, die dood moet hulle vat soos dorings 'n mens vashou, soos wanneer bye mense doodsteek met hulle angels. Ek is nie meer jammer vir hulle nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sal Ek keer dat hulle doodgaan? Sal Ek hulle verlos uit die dood? Nee wat, laat die dood maar kom met sy rampe. Laat die dood sy pyn bring. Ek voel niks meer vir hulle nie.