Hosea 13:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal vir jou koning wees; waar is iemand anders wat jou kan red in al jou stede? en jou regters van wie jy gesê het: Gee my 'n koning en vorste? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waar is jou koning dat hy jou kan red in al jou stede? Waar is jou leiers van wie jy gesê het: ‘Gee vir my ’n koning en leiers’? |
| Afrikaans 1933/1953 | Waar is nou jou koning, dat hy jou kan verlos in al jou stede, en jou regters van wie jy gesê het: Gee my 'n koning en vorste? |
| Afrikaans 1983 | Waar is jou koning dan nou? Laat hy jou help in al jou stede! Waar is jou regeerders van wie jy gesê het: “Gee vir my 'n koning en amptenare”? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waar is jou koning dan, dat hy jou kan red in al jou stede? En waar is jou rigters, oor wie jy gesê het, ‘Gee vir my 'n koning en •hoë amptenare’? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle koning is nou weg, hy kon hulle nie help nie, nie in een van hulle stede nie. Hulle leiers is ook weg. Die Israeliete het gesê: ‘Gee vir ons 'n koning en amptenare.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Waar is jou koning nou? Waar is die een wat jou kon kom help het toe die vyand jou stede aangeval het? Waar is die regters nou vir wie jy gevra het om vir jou ’n koning en leiers te gee? |