Hosea 13:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Efraim bewend spreek, het hy hom in Israel verhef; maar toe hy in Baäl aanstoot gegee het, het hy gesterf.
Afrikaans (NLV) 2011 Voorheen het die mense van vrees gebewe wanneer die stam Efraim gepraat het, want die ander stamme het na hom opgesien. Maar die mense van Efraim het gesondig deur Baäl te dien. Dit het sy lot verseël.
Afrikaans 1933/1953 As Efraim net gespreek het, was daar siddering; hoog het hy gestaan in Israel. Maar hy het hom skuldig gemaak deur die Baäl en gesterwe.
Afrikaans 1983 Daar was 'n tyd toe Efraim met gesag gepraat het, hy was die onbetwisbare leier in Israel. Maar hy het hom skuldig gemaak met Baäl en dit het vir hom die dood gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer Efraim gepraat het, het almal gebewe; hy was hoog geag in Israel. Maar hy het skuld op hom gelaai deur Baäl en gesterf;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Lank gelede was almal bang vir die mense van Efraim. Al die Israeliete het gedink die mense van Efraim is die belangrikste. Maar die mense van Efraim het sonde gedoen, hulle het vir Baäl gedien, en daarom het hulle gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As Efraim se familie gepraat het, was die ander families bang en het na hom geluister. Efraim was die leier van Israel. Hulle het ’n fout gemaak toe hulle Baäl begin aanbid het. Hulle sal met hulle lewe vir hulle sonde moet betaal.