Hosea 12:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek, wat die HERE jou God is uit Egipteland, sal jou nog in hutte laat woon soos in die dae van die fees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Israel spog: “Ek is ryk, en ek het dit alles self verwerf! Niemand kan sê dat ek dit op ’n oneerlike manier gekry het nie! Ek is onskuldig aan enige oortreding!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Efraim sê: Tog het ek ryk geword, ek het vir my 'n vermoë verwerf. Alles wat ek verwerf het, is nie genoeg om op my enige sondeskuld te lê nie. |
| Afrikaans 1983 | En dan sê hy: “Ek is ryk, ek het myself ryk gemaak. Terwyl ek my besittings bymekaargemaak het, het ek niks gedoen wat verkeerd is nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Efraim sê, ‘Ja, ek het ryk geword; ek het self welvarend geword. Alles wat ek met moeite verkry het – niks kan gevind word wat as sondeskuld teen my gehou word, wat as 'n oortreding geld nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Efraim sê: “Ons het ryk geword, ons het baie goed bymekaargemaak, maar ons het niks verkeerd gedoen nie, niks.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan spog Efraim nog en sê: ‘Ek het ryk geword. Ek het ’n miljoenêr geword. Niemand kan ’n vinger na my wys nie. Niemand kan my beskuldig dat ek oneerlik was nie.’” |