Hosea 12:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy is 'n handelaar, die weegskaal van bedrog is in sy hand; hy hou daarvan om te verdruk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kom nou terug na jou God toe! Tree op met liefde en regverdigheid, en lewe voortdurend met ’n vaste vertroue op jou God. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg, en hoop gedurigdeur op jou God. |
| Afrikaans 1983 | Wat jy moet doen, is om na jou God toe terug te keer: jy moet Hom liefhê en sy bevele gehoorsaam, jy moet jou hoop altyd op jou God vestig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar jy, na jou God moet jy terugkeer. Lê jou toe op troue liefde en wat reg is, en wag altyddeur op jou God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nageslag van Jakob, nou moet julle terugkom na julle God toe. Julle moet lief wees vir mekaar en doen wat reg is, julle moet altyd glo dat Hy julle sal help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom terug na jou God toe. Bly getrou aan die Here. Doen wat Hy vir jou sê. Hou Hom altyd in gedagte.” |