Hosea 12:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, hy het mag gehad oor die engel en het oorwin; hy het geween en hom gesmeek; hy het hom in Bet-el gevind, en daar het hy met ons gespreek; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Voor Jakob se geboorte het hy sy broer se hakskeen vasgehou; as volwassene het hy met God kragte gemeet. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die moederskoot het hy sy broer by die hakskeen gehou, en in sy manlike krag het hy met God geworstel. |
| Afrikaans 1983 | Nog voor sy geboorte het hy al sy broer onderkruip en as volwasse man het hy met God gestoei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die moederskoot het hy al sy broer aan die hakskeen vasgehou, en in sy manlike krag het hy met God geworstel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob was skelm voordat hy gebore is, hy het aan sy broer se voet vasgehou. Toe hy groot was, het hy met God gestoei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nog voor hy gebore is, het hy sy tweelingbroer probeer bedrieg. Toe hy ’n groot man was, het hy met God geveg. |