Hosea 12:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het sy broer in die moederskoot aan die hakskeen geneem, en deur sy krag het hy krag by God gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here gaan nou ’n saak maak teen Juda. Hy staan op die punt om Israel te straf vir sy dade en hom te vergeld oor sy valse weë. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het ook 'n twis met Juda, en Hy sal oor Jakob besoeking doen volgens sy weë, hom vergelde na sy dade. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het 'n saak teen Juda, Hy gaan Jakob straf vir sy dade, hom laat boet vir wat hy gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het 'n regsaak teen Juda, en Hy gaan Jakob tot verantwoording roep oor sy optrede; Hy gaan hom vergeld volgens sy dade. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê die mense van Juda het ook verkeerd gedoen, maar Hy wil nou die nageslag van Jakob straf. Hy wil hulle straf omdat hulle verkeerd gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here maak ’n hofsaak teen Juda. Hy gaan Jakob straf vir die manier waarop hy leef. Hy gaan die dinge wat hy doen, teen hom gebruik. |