Hosea 12:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het ook 'n twis met Juda, en Hy sal oor Jakob besoeking doen volgens sy weë; volgens sy handelinge sal hy hom vergelde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Israel hou hom op met die wind. Hy is die hele dag agter die oostewind aan. Hy vermeerder leuens en geweld. Hulle sluit verdrae met Assirië, maar as teken van hulle verbintenis stuur hulle olie na Egipte toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Efraim hou hom besig met wind, en hy agtervolg die oostewind; die hele dag vermeerder hy leuens en geweld, en hulle sluit 'n verbond met Assur, terwyl olie na Egipte gevoer word. |
| Afrikaans 1983 | Efraim hou hom op met wind, hy is aldag agter die oostewind aan. Hy hou aan met lieg en om sy eie ondergang te bewerk. Hy sluit 'n verbond met Assirië, maar stuur olie na Egipte toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Efraim pas die wind op, hy loop heeldag agter die oostewind aan. Al wat hy vermeerder, is leuens en verwoesting. Met Assirië sluit hulle 'n verdrag, maar olie word na Egipte gestuur.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Efraim vra die Assiriërs om hulle te help, maar dit help niks. Dit is soos iemand wat die wind probeer vang. Hulle lieg oral waar hulle gaan. Hulle soek moeilikheid, want hulle belowe om die Assiriërs te dien, maar hulle stuur olyf-olie na die Egiptenaars toe. Hulle vra die Egiptenaars moet hulle help teen die Assiriërs.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Efraim mors sy tyd met dinge wat niks beteken nie. Hulle hou hulle heeldag besig met leuens en geweld. Hy sluit ’n ooreenkoms met Assirië. Tegelyk onderhandel hy ook met Assirië se vyand. Hy stuur olie na Egipte om in hulle goeie boekies te kom.” |