Hosea 12:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En deur 'n profeet het die HERE Israel uit Egipte uitgelei, en deur 'n profeet is hy bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Jakob moes na Aram toe vlug, Israel moes slawediens doen om ’n vrou te kry. Om ’n vrou te kry, moes hy skape oppas.
Afrikaans 1933/1953 En Jakob het gevlug na die veld van Aram, en Israel was diensbaar vir 'n vrou as loon, en vir 'n vrou het hy vee opgepas.
Afrikaans 1983 Onthou Jakob moes na Aram toe vlug. Israel moes slawediens doen om vrouens te kry: omdat hy vrouens wou hê, moes hy skape oppas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob het gevlug na die veld van Aram; Israel moes dienswerk doen om 'n vrou te verkry; ja, om 'n vrou te verkry, moes hy kleinvee oppas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jakob het gevlug na die land van die Arameërs. Hy het daar gaan werk om 'n vrou te kry. Hy het skape opgepas om 'n vrou te kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jakob moes Aram toe vlug. Hy moes daar skape oppas net om ’n vrou te kry.