Hosea 12:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is daar ongeregtigheid in Gilead? waarlik, hulle is nietigheid; hulle offer bulle in Gilgal; ja, hulle altare is soos hope in die vore van die veld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het deur my profete gepraat, hulle baie visioene laat sien. Ek het deur die profete in gelykenisse gewaarsku.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het ook tot die profete gespreek, en Ek het gesigte vermenigvuldig en deur middel van die profete gelykenisse voorgedra. |
| Afrikaans 1983 | Ek het nog altyd met die profete gepraat, Ek het hulle baie visioene laat sien, Ek het deur die profete in gelykenisse gepraat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het met die profete gepraat; Ek het dit deur baie visioene gedoen, en deur profete tref Ek vergelykings. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het met die profete gepraat, Ek het vir hulle gewys wat sal gebeur. Ek sal hulle nou stuur om so te praat dat die mense hulle nie kan verstaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het met julle gepraat deur my boodskappers. Ek het hulle baiekeer dinge in drome laat sien om julle te waarsku. Ek het boodskappers met julle laat praat. Hulle het vir julle alles verduidelik met die woordbeelde en vergelykings wat hulle gebruik het. |