Hosea 12:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het ook gespreek deur die profete, en ek het gesigte vermenigvuldig en gelykenisse gebruik deur die bediening van die profete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar Ek is die Here jou God sedert jou slawerny in Egipte. Ek sal jou weer in tente laat woon soos destyds, soos tydens die woestyntyd. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek is die HERE jou God van Egipteland af, Ek sal jou weer in tente laat woon soos in die dae van die huttefees. |
| Afrikaans 1983 | Maar Ek is die Here jou God van Egipte se tyd af. Ek gaan jou weer in tente laat woon soos in die woestyntyd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek is die Here jou God – al van Egipteland af. Ek sal jou weer in tente laat woon soos in die feestyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Ek, julle God die Here, het julle geken toe julle nog in Egipte was. Ek sal julle weer in tente laat woon soos daardie tyd toe julle in die woestyn was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Ek is die Here. Ek is julle God. Ek het julle uit Egipte laat wegtrek. Ek sal julle weer in tente laat bly soos die tyd in die woestyn. Toe het Ek in my tent tussen julle gebly. |