Hosea 11:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal die gloed van my toorn nie laat geld nie, Ek sal nie terugkeer om Efraim te vernietig nie; want Ek is God en nie 'n mens nie; die Heilige in jou midde, en Ek sal nie in die stad ingaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nee, Ek sal jou nie in driftige woede straf nie. Ek sal nie kom om Israel te vernietig nie, want Ek is God, en nie ’n mens nie. Ek is die Heilige wat tussen julle lewe. Ek sal nie in toorn kom om julle te vernietig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie 'n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want Ek is God, nie 'n mens nie. Ek is die Heilige wat by jou is, Ek sal nie met woede ingryp nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal nie in my brandende toorn optree nie; Ek sal nie omdraai en Efraim vernietig nie; want Ek is God, nie 'n mens nie – die Heilige in jou midde; Ek sal nie in woede kom nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is kwaad, maar Ek sal nie die mense van Efraim doodmaak nie, want Ek is God, Ek is nie 'n mens nie. Ek is die heilige God wat by jou is. Ek sal nie kwaad wees wanneer Ek kom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal nie in woede teen jou losbars nie. Ek sal nooit so ver gaan om Efraim heeltemal uit te roei nie. Ek is immers God. Ek is nie ’n mens nie. Ek is die hoë God wat by julle woon. Ek sal nie met my woede op julle lostrek nie. |