Hosea 11:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe sal Ek jou prysgee, Efraim? hoe sal ek jou red, Israel? hoe sal ek jou maak soos Adma? hoe sal Ek jou stel as Seboim? my hart het omgedraai in my binneste, my berou het tesame aangevuur.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar hoe kan Ek jou prysgee, Israel? Hoe kan Ek jou laat gaan, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, jou maak soos Sebojim? My hart is omgekeer in My, my medelye loop oor.
Afrikaans 1933/1953 Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Sebo‹m: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek.
Afrikaans 1983 Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou oorlewer, Israel? Hoe kan Ek jou prysgee soos Adma, jou maak soos Sebojim? My hart is diep ontroer in My, die deernis brand in My.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Ek wil julle nie laat gaan nie, mense van Efraim! En mense van Israel, Ek wil julle nie vir 'n ander god gee nie! Ek wil julle nie laat gaan soos Ek by die stad Adma gedoen het nie. Ek wil nie met julle doen soos Ek met die stad Seboïm gedoen het nie. My hart is seer, Ek is baie jammer vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek kan jou nie sommerso laat weggaan nie, Efraim. Ek kry dit nie oor my hart om jou sommer vir jou vyand te gee nie, Israel. Ek kan nie met jou maak soos Ek met Adma gemaak het nie. Ek kan nie met jou laat gebeur wat Ek met Sebojim laat gebeur het nie. Ek baklei met Myself om te besluit wat Ek met jou moet maak. Ek gee te veel om vir jou.