Hosea 11:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En my volk is geneig om van My af te wyk; al het hulle hulle na die Allerhoogste geroep, sou niemand Hom hoegenaamd verhoog nie.
Afrikaans (NLV) 2011 My volk is vasberade om My te verlaat. Hulle noem My die Allerhoogste, maar hulle eer My nie werklik nie.
Afrikaans 1933/1953 Want my volk dwing om van My afvallig te word; en as die profete hom roep na bo, rig hy hom glad nie op nie.
Afrikaans 1983 Omdat my volk My verlaat het, sal party van hulle opgehang word en die ander sal die slawejuk moet dra, 'n juk wat nie afgegooi sal word nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My volk sal opgehang word vir sy afvalligheid, en na die juk sal hulle hom roep, 'n juk wat glad nie gelig sal word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “My volk het vas besluit om My nie meer te dien nie. Hulle vra vir 'n afgod om hulle te help, maar hy kan hulle nie optel en help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My volk word nie moeg om van My af weg te loop nie. Ek roep hulle om terug te kom, maar hulle weier om ’n voet te versit.”