Hosea 11:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die swaard sal oor sy stede bly en sy takke verteer en dit opeet vanweë hulle eie planne. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Oorlog sal deur hulle stede woed, die grendels sal vernietig word, en weens hulle planne verteer word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die swaard sal geswaai word in sy stede en sy grendels vernietig en verteer weens hulle planne. |
| Afrikaans 1983 | Daarom sal sy stede deur oorlog verwoes word en sy waarsêers uitgeroei word. Hulle sal deur die oorlog verteer word oor die raad wat hulle gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die swaard sal deur sy stede gaan en sy orakelpriesters uitroei; dit sal hulle vernietig oor die raad wat hulle gegee het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal die vyande die mense doodmaak binne-in die stede. Die vyande sal die poorte oopbreek en hulle sal die raadgewers van die koning doodmaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vyand sal hulle stede aanval. Hulle sal die hekke van hulle stede afbreek. Hulle sal hulle eie planne moet maak om te bly leef. |