Hosea 11:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sal nie na Egipteland teruggaan nie, maar Assiriër sal sy koning wees, omdat hulle geweier het om terug te keer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar omdat my volk geweier het om na My toe terug te kom, sal hulle teruggaan na Egipte toe; hulle sal dwangarbeid in Assirië moet doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sal na Egipteland nie terugkeer nie, maar Assur -- die sal sy koning wees; omdat hulle geweier het om hulle te bekeer. |
| Afrikaans 1983 | want Ek wou nie hê dat hy weer na Egipte toe moet teruggaan nie of dat Assirië oor hom moet heers nie. Maar Efraim het geweier om hom te bekeer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Hy sal nie na Egipteland teruggaan nie, maar Assirië, dié sal sy koning wees; want hulle het geweier om hulle te bekeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wou nie hê hulle moet teruggaan na Egipte nie, en Ek wou nie hê die koning van Assirië moet oor hulle regeer nie. Maar hulle wou nie terugkom na My toe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hulle weier steeds om na My toe terug te kom. Hulle sal nie na Egipte toe hoef terug te gaan nie. Assirië sal hulle baas wees. |