Hosea 11:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het hulle getrek met toue van 'n mens, met bande van liefde; en Ek was vir hulle soos hulle wat die juk op hulle kakebeen afneem, en Ek het vir hulle vleis gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Met mensebande, met toue van liefde het Ek hulle gelei. Ek was vir hulle soos iemand wat die slawering wat teen hulle nek druk, afhaal. Ek het My na hom toe neergebuig. Ek het hom versorg.
Afrikaans 1933/1953 Met mensebande, met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee.
Afrikaans 1983 Ek het hulle met sorg en liefde gelei, Ek was vir hulle soos iemand wat die juk oplig as dit sy trekdier skaaf. Ek het na Efraim toe afgebuk en hom gereeld kos gegee,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Met menslike bande het Ek hulle nadergetrek, met die toue van liefde. Ek was vir hulle soos dié wat die juk lig wat teen hulle kake druk. Ek het na Efraim afgebuk, hom gevoed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek was goed vir hulle, Ek was lief vir hulle. Ek het hulle gedra soos 'n mens 'n baba dra, Ek het gebuk en vir hulle kos gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het vir hulle omgegee. Ek het met liefde saam met hulle geloop. Ek was vir hulle soos iemand wat by ’n dier kom wat swaarkry en die swaar gewig van sy nek afhaal. Ek het vir hulle kos gegee.