Hosea 11:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos hulle hulle genoem het, so het hulle van hulle af weggegaan: hulle het aan die Baäls geoffer en reukwerk laat opgaan vir gesnede beelde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hoe meer die Baäls hom geroep het, hoe verder het hy van My af weggegaan. Hulle het aan die Baäls offers gebring en wierook vir afgodsbeelde gebrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van hulle af weggeloop; hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan. |
| Afrikaans 1983 | Maar toe die Baäls hulle roep, het Israel My verlaat en vir die Baäls gaan offer, vir afgodsbeelde offers gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe daar later net so na hulle geroep is, het hulle van My af weggegaan. Hulle het vir die Baäls offers geslag, vir afgodsbeelde die rook van offers laat opstyg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het die mense van Israel geroep, maar hulle het weggegaan van My. Hulle het vir die Baäls gaan offer, hulle het vir beelde offers gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoe meer Ek egter na hulle geroep het, hoe meer het hulle agter afgode aangeloop. Hulle het vir die Baäls offers gebring. Hulle het vir die beelde van gode wierook gebrand. |