Hosea 10:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O Israel, jy het gesondig van die dae van Gíbea af; daar het hulle gestaan: die geveg in Gíbea teen die kinders van ongeregtigheid het hulle nie ingehaal nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: “Israel, sedert die dae van Gibea het julle net sonde op sonde gepleeg. Daar het julle bly staan. Weens julle boosheid sal oorlog julle sekerlik in Gibea inhaal.
Afrikaans 1933/1953 Sedert die dae van G¡bea het jy gesondig, o Israel! Daar staan hulle -- moet die stryd teen die kwaaddoeners hulle nie oorval in G¡bea nie?
Afrikaans 1983 Die sonde van Israel kom uit die tyd van Gibea. Hulle het daarmee volhard. Die oorlog teen hierdie opstandige volk sal hulle in Gibea tref.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Sedert die dae van Gibea het jy gesondig, Israel. Hulle het daarmee volgehou. Sal die oorlog teen die kwaadwilliges hulle dan nie in Gibea tref nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Die mense van Israel het sonde gedoen, hulle het gedoen soos die mense van Gibea, en hulle het aangehou om sonde te doen. Daar was oorlog teen die slegte mense van Gibea,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Van Gibea se tyd af het Israel maar net aangehou om sonde teen die Here te doen. Hulle het net nooit opgehou nie. Is daar dan ’n beter plek as Gibea waar die oorlog teen hierdie oortreders kan begin?