Hosea 10:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook die hoogtes van Aven, die sonde van Israel, sal vernietig word; die doring en die distel sal op hulle altare opkom; en hulle sal vir die berge sê: Bedek ons; en na die heuwels: Val op ons.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hoogtes van boosheid waar Israel gesondig het, sal verwoes word. Dorings en onkruid sal hulle altare toegroei. Dan sal hulle vir die berge vra: “Begrawe ons!” en vir die heuwels: “Val op ons!”
Afrikaans 1933/1953 En die hoogtes van Awen, Israel se sonde, word verdelg, dorings en distels sal opskiet op hulle altare; en hulle sal tot die berge sê: Bedek ons! en tot die heuwels: Val op ons!
Afrikaans 1983 Die hoogtes waar Israel gesondig en oortree het, sal woes word. Dorings en bossies sal groei waar die altare gestaan het. Dan sal Israel vir die berge sê: “Val ons toe!” en vir die heuwels: “Val op ons!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die offerhoogtes van Awen, die sonde van Israel, sal uitgedelg word. Dorings en dissels sal op hulle altare groei. Dan sal hulle vir die berge sê, “Bedek ons!” en vir die heuwels, “Val op ons!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vyande sal die offer-plekke in Bet-El verwoes, daar waar die mense van Israel sonde gedoen het. Dorings en bossies sal op hulle altare groei. Hulle sal vir die berge en die heuwels sê: “Val op ons, maak ons toe!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koppies by Awen waarop Israel sy offers vir die afgode gebring het, sal kaal en verlate daar lê. Daar sal dorings en bossies groei bo-oor die altare wat hulle gebou het. Hulle sal die berge soebat: ‘Val tog asseblief op ons!’ Hulle sal vir die heuwels vra: ‘Maak ons heeltemal toe. Steek ons weg.’”