Hosea 10:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit sal ook na Assirië gebring word as 'n geskenk aan koning Jareb; Efraim sal skande ontvang, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sal saam met hulle na Assirië toe geneem word as ’n geskenk vir die groot koning daar. Israel sal verneder word en skaamkry omdat hulle op afgode vertrou het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sal ook self na Assur weggevoer word as 'n geskenk aan koning Jareb; skaamte sal Efraim aangryp, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raadsbesluit. |
| Afrikaans 1983 | Maar hy gaan self ook nog na Assirië toe gevat word as 'n geskenk vir koning Jareb. Efraim sal teleurgestel word, Israel sal daar bedroë van afkom met sy planne en al. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy self sal ook na Assirië geneem word as geskenk vir koning Jareb. Skaamte sal Efraim oorval, en Israel sal beskaamd staan oor sy planne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal die beeld ook wegvat en hulle sal dit vir die koning van Assirië present gee. Die vyande sal die mense van Efraim spot, dan sal hulle skaam wees oor alles wat hulle wou doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hulle Assirië toe gaan, sal hulle die kalf saamvat om dit vir die koning van Assirië present te gee. Efraim sal in die skande kom. Israel gaan skaam wees dat hy ooit op die beeld vertrou het. |