Hosea 10:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die inwoners van Samaria sal vrees oor die kalwers van Bet-Aven, want sy volk sal daaroor rou en sy priesters wat daaroor gejuig het, oor die heerlikheid daarvan, omdat dit daarvan weggegaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die inwoners van Samaria is bekommerd oor hulle kalwerbeeld in BetAwen. Die mense treur oor hom, en sy priesters wat hulle verheug het in sy grootsheid sal weeklaag omdat sy aansien weggeneem is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Oor die kalf van Bet-Awen sal die inwoners van Samar¡a besorg wees; want sy volk sal oor hom treur en sy afgodspriesters oor hom sidder, oor sy heerlikheid, omdat dit van hom weggevoer is. |
| Afrikaans 1983 | Die inwoners van Samaria is bekommerd oor die goue kalf van Bet-Awen. Sy vereerders treur oor hom en sy priesters kerm oor hom. Hulle kerm oor sy rykdom wat van hom weggeneem is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor die kalf van Bet-Awen is die inwoners van Samaria besorg. Ja, sy volk treur oor hom, sy afgodspriesters kerm oor hom, oor sy aansien, omdat dit van hom weggeneem is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat in die land Samaria woon, is bekommerd oor die beeld van die bul-kalf in die sondestad Bet-El. Die volk en die priesters huil en treur oor die beeld, want die vyande het alles weggevat wat by die beeld was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die mense wat in Samaria bly, gaan sleg voel oor die kalf by Bet-Awen wat van goud gemaak is. Die volk en die mans wat vir hom offers gebring het, sal oor hom huil. Hulle sal hardop huil omdat hy nie meer belangrik is nie. |