Hosea 10:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het woorde gespreek en vals gesweer deur 'n verbond te sluit: so spruit die oordeel uit soos 'n kudde in die vore van die veld.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle laat die leë woorde rol, maak valse beloftes en sluit ooreenkomste wat hulle nie nakom nie. Hulle regspleging is soos giftige onkruid wat weelderig in die vore langs die landerye groei.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het groot woorde gespreek, vals gesweer, verbonde gesluit -- en soos 'n gifplant spruit die oordeel uit in die vore van die landerye.
Afrikaans 1983 Hulle praat net, hulle maak vals beloftes, hulle sluit verdrae. En intussen is hulle regspraak soos gifplante wat in die vore langs die land groei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle praat maar net. Hulle sweer vals wanneer hulle 'n ooreenkoms sluit. Maar reg sal geskied so seker as wat giftige plante opslaan in die slote in die veld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle belowe baie dinge, en hulle sê die Here is die getuie, maar hulle lieg wanneer hulle dit sê. Hulle laat mense sterf wat reg gedoen het. Dit is soos wanneer die mense die giftige plante eet wat groei by die waterslote langs die koringlande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle praat baie maklik. Hulle maak beloftes wat niks beteken nie. Hulle sluit ooreenkomste wat hulle niks help nie. Die uitsprake wat hulle regters in die hof maak, het geen betekenis nie. Dit is soos gifplante in die veld waarmee jy niks kan doen nie.