Hosea 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle hart is verdeeld; nou sal hulle gebrekkig bevind word; hulle altare sal hy afbreek, hulle beelde buit.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle harte is vals. Hulle is skuldig. Daarom sal die Here hulle altare afbreek en hulle klippilare stukkend slaan.
Afrikaans 1933/1953 Vals is hulle hart; nou sal hulle daarvoor boet; Hy sal hulle altare stukkend breek, hulle klippilare verwoes.
Afrikaans 1983 Hulle is vals wanneer hulle hulle sonde bely. Maar die Here sal hulle altare afbreek, Hy sal hulle klippilare verwoes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle harte is vals – nou sal hulle boet. Die Here self gaan hulle altare afbreek, hulle gedenkstene verwoes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle is vals, daarom is dit reg dat die Here hulle straf. Hy sal hulle altare stukkend breek en hulle klip-pale verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Israel sal gestraf word omdat hy ook afgode gedien het. Die Here sal al daardie offerplekke wat hulle gebou het, met die grond gelykmaak. Hy sal daardie klippe omgooi wat hulle ingeplant het.