Hosea 10:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal 'n rumoer onder jou volk ontstaan, en al jou vestings sal geplunder word, soos Salman Bet-Arbel geplunder het op die dag van oorlog: die moeder is verpletter oor haar kinders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou sal die ellende van oorlog op jou volk toesak. Al jou versterkte stede sal verwoes word net soos toe Salman vir Bet-Arbel verwoes het. Toe is selfs ma’s en kinders doodgeslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal daar oorlogsrumoer onder jou volke ontstaan en al jou vestings verwoes word net soos Salman Bet-Arbel verwoes het in die dag van oorlog: moeders is met kinders en al verpletter. |
| Afrikaans 1983 | sal oorlog teen jou volk losbreek en sal al jou vestingstede verwoes word. Soos Salman vir Bet-Arbel verwoes het toe moeders en kinders saam in die veldslag verpletter is, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sal oorlogsrumoer teen jou volk opklink, en al jou versterkte stede sal verwoes word. Soos Salman Bet-Arbel verwoes het op die dag van oorlog – ma's is saam met kinders te pletter geslaan – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar sal oorlog kom teen julle. Die vyande sal al julle stede verwoes wat hoë mure het. Dit sal sleg gaan met julle soos met die mense van die stad Bet-Arbel toe koning Salman die ma’s en hulle kinders saam doodgeslaan het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar gaan groot oorlog teen jou volk kom. Die skuilplekke wat jy gebou het, gaan inmekaarstort. Dit gaan ’n slagting vol bloed wees. Dit sal net so erg wees soos die dag toe Salman teen Bet-Arbel oorlog gemaak het. Toe is ma’s saam met hulle kinders doodgeslaan. |