Hosea 10:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Efraim is soos 'n vers wat geleer word en graag koring uittrap; maar Ek het oor haar mooi nek gegaan; Ek sal Efraim laat ry; Juda sal ploeg, en Jakob sal sy kluite breek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Israel is soos ’n geleerde vers wat daarvan hou om koring uit te trap. Maar nou sit Ek ’n swaar juk op haar mooi nek. Ek sal Israel inspan; Juda moet die harde grond omploeg terwyl Jakob sal moet eg.
Afrikaans 1933/1953 Maar Efraim is 'n geleerde jong koei wat gewillig dors; nogtans sal Ek self oor haar mooi nek gaan: Ek sal Efraim laat trek; Juda sal die ploeg trek, Jakob sal die eg sleep.
Afrikaans 1983 Efraim was 'n mak vers wat daarvan gehou het om graan uit te trap. Toe Ek sien dat sy reeds sterk genoeg is, wou Ek haar inspan. Juda sou ploeg en Jakob sou eg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Efraim was 'n geleerde vers wat daarvan gehou het om koring uit te trap. Maar Ek het oor haar mooi nek gestreel en besluit: Ek gaan Efraim inspan; Juda moet ploeg; Jakob moet vir homself die grond eg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die mense van Efraim was soos 'n mak jong koei wat daarvan hou om koring op die dorsvloer te trap. Toe Ek daar verbykom en Ek sien sy het 'n sterk nek, wou Ek haar inspan voor die ploeg. Juda en die nageslag van Jakob moes saam die ploeg trek en die grond gelyk maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Aan die begin was Efraim soos ’n jong bees wat geleer was om oor die graan op die dorsvloer te loop om dit uit te trap. Sy was gewillig om hierdie maklike werk te doen. Ek het toe ’n juk op haar mooi nek gesit om haar te leer om ook die lande om te ploeg. Efraim sou die sooie omploeg. Juda sou agterna kom en die grond plat eg.