Hosea 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Israel is 'n leë wingerdstok, hy dra vir homself vrugte; volgens die menigte van sy vrugte het hy die altare vermeerder; volgens die goedheid van sy land het hulle pragtige beelde gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel is voorspoedig, soos ’n welige wingerd oortrek met vrugte. Maar hoe groter die voorspoed, hoe meer altare bou hulle vir vreemde gode. Hoe oorvloediger die land se opbrengs, hoe mooier maak hulle die klippilare.
Afrikaans 1933/1953 Israel was 'n weelderig uitbottende wynstok wat sy vrug voortgebring het; hoe meer vrug hy gedra het, des te meer altare het hy gebou; hoe beter dit met sy land gesteld was, des te beter het hy die klippilare gemaak.
Afrikaans 1983 Israel was 'n welige wingerdstok. Sy vrugte was geil. Hoe meer vrugte hy gedra het, hoe beter is daar vir die altare gesorg. Hoe beter dit met die land gegaan het, hoe mooier is die klippilare gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Israel was 'n welige wingerdstok; so ook sy vrugte wat hy gedra het. Hoe meer vrugte hy gedra het, hoe meer altare het hy opgerig. Hoe beter dit met sy land gegaan het, hoe mooier het hulle die gedenkstene gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Israel het baie geword. Hulle was soos wingerdstokke wat baie druiwe dra. Maar toe hulle baie word, het hulle baie altare gebou. Toe dit goed gaan met die land, het hulle mooi klip-pale gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Israel was soos ’n wingerd. Daar het swaar druiwetrosse aan hom gehang. Hoe voorspoediger dit egter met hom gegaan het, hoe meer offerplekke het hy vir die afgode gebou. Hoe groter die oeste was wat hy bymekaargemaak het, hoe mooier was die regop klippe wat hy vir die afgode in die grond geplant het.