Hebrews 9:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Heilige Gees wat dit beteken dat die weg na die heiligste van alles nog nie geopenbaar was nie, terwyl die eerste tabernakel nog gestaan het:
Afrikaans (NLV) 2011 Deur hierdie bepalings wys die Heilige Gees daarop dat die Allerheiligste nog nie vir almal oop was solank die voorste gedeelte van die verbondstent nog sy plek gehad het nie.
Afrikaans 1933/1953 waarmee die Heilige Gees d¡t duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie.
Afrikaans 1983 Hiermee maak die Heilige Gees duidelik dat die pad na die Allerheiligste toe nie oop is so lank as die voorste gedeelte van die verbondstent bestaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarmee dui die Heilige Gees aan dat die weg na die heiligdom nog nie oopgestaan het solank die voorste tent nog bestaan het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So wys die Heilige Gees dat die pad na die regte hoog-gewyde plek in die hemel nie oop is terwyl die eerste kamer nog daar is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Heilige Gees het hierdie dinge vir ons laat neerskryf sodat ons kan besef dat die pad na die Heiligste deel vir gewone mense soos ons nog toe was solank daar nog ’n ander vertrek, die Heilige deel, ook was.