Hebrews 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daaroor die gérubs van heerlikheid wat die versoendeksel afskadu; waarvan ons nou nie spesifiek kan praat nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Bo-op die ark het die glansende gerubs die deksel van die ark — die plek van versoening — met hulle vlerke oorskadu. Ek kan egter nie nou op die besonderhede ingaan nie.
Afrikaans 1933/1953 en daar bo-op die g,rubs van die heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het, waaroor nie nou afsonderlik gespreek kan word nie.
Afrikaans 1983 Bo-op die ark het die gerubs wat die heerlikheid van God voorstel, hulle vleuels oor die versoendeksel uitgestrek. Op die besonderhede kan ons nie nou verder ingaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en bo-op was die gerubs van heerlikheid, wat die versoendeksel oorskadu het. Hieroor kan ons egter nie nou in besonderhede praat nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op die kis was die gerubs wat wys dat God daar is. Die skaduwee van die gerubs se vlerke was oor die deksel van die kis, die plek waar God die mense se sondes versoen het. Daar is nie nou tyd om te praat oor elkeen van al hierdie dinge in die tempel-tent nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bo-op die ark het ’n beeld van twee hemelwesens gestaan wat gerubs genoem is. Hulle het hulle vlerke uitgestrek oor die deksel van die ark. Hulle het die wonderlike grootheid van God voorgestel. Maar ek kan nie nou al dié dinge in besonderhede bespreek nie.