Hebrews 9:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af, maar nou het Hy een maal aan die voleinding van die wêreld verskyn om die sonde weg te doen deur sy offer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Anders sou Christus mos telkens weer moes sterf van die begin van die wêreld af! O nee, Hy het nou, met die voleinding van die tye, eens en vir altyd verskyn om deur sy offer die sonde vir altyd weg te neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen. |
| Afrikaans 1983 | Dan sou Christus immers herhaaldelik moes gely het, reeds van die skepping van die wêreld af. Maar nou het Hy net een keer in die voleinding van die tye verskyn om deur sy offer die sonde weg te neem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | aangesien Hy dan dikwels, van die grondlegging van die wêreld af, sou moes ly. Maar nou, by die volheid van die tye, het Hy eens en vir altyd verskyn om met sy offer die sonde ter syde te stel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As Christus Homself meer as een maal ge-offer het, dan moes Hy baie maal gely het vandat God die wêreld gemaak het. Nee, Christus het nou een maal verskyn aan die einde van hierdie tyd om die sondes weg te neem. Hy het Homself ge-offer om die sondes weg te neem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan moes Hy mos van die begin af oor en oor gely het. Nee, Christus het maar een maal gekom toe die tyd daarvoor ryp was. Toe het Hy Homself vir God geoffer en so klaargespeel met al ons sondes. |