Hebrews 9:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Eok nie dat hy homself dikwels sou offer nie, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed van ander; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook nie in die hemel ingegaan om Homself oor en oor te offer soos die aardse hoofpriester jaar na jaar in die Allerheiligste moes ingaan om die bloed van diere te offer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, |
| Afrikaans 1983 | Hy het nie ingegaan om Homself herhaaldelik te offer nie, soos die hoëpriester elke jaar die Allerheiligste binnegaan met bloed wat nie sy eie is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ook nie sodat Hy Homself herhaaldelik sou offer nie – anders as die hoëpriester, wat jaar ná jaar in die Heilige met 'n ander se bloed ingaan – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoëpriester gaan elke jaar in die hoog-gewyde kamer in om bloed te offer, maar hy offer nie sy eie bloed nie. Christus het in die hemel ingegaan, maar nie om baie maal te offer soos die hoëpriester nie, Hy het Homself net een maal ge-offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Christus is egter nie weer en weer in die hemel in om Homself elke keer van voor af te offer nie. |