Hebrews 9:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Christus het nie ingegaan in die heiligdomme wat met hande gemaak is, wat die gestaltes van die ware is nie; maar in die hemel self, om nou vir ons voor God te verskyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Christus het immers tot in die hemel self ingegaan om nou as ons voorspraak voor God te verskyn. Hy het nie in die aardse heiligdom ingegaan nie — dit is tog maar net ’n namaaksel van die ware een. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Christus het nie ingegaan in 'n heiligdom met hande gemaak, 'n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; |
| Afrikaans 1983 | Christus het nie ingegaan in 'n heiligdom wat deur mense gemaak is en net 'n namaaksel van die ware is nie. Nee, Hy het in die hemel self ingegaan om nou ter wille van ons voor God te verskyn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want Christus het nie 'n mensgemaakte heiligdom, 'n nabootsing van die ware een, binnegegaan nie, maar die hemel self, om nou ter wille van ons voor God te verskyn; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is mense wat hierdie tempel-tent hier op die aarde gebou het, en hierdie tempel-tent lyk soos die ware tempel-tent in die hemel. Maar Christus het nie ingegaan in die tempel-tent op die aarde nie. Nee, Hy het in die hemel self ingegaan. Christus het daar ingegaan om by God te wees. Christus het ingegaan om ons te help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Christus is nie sommer in ’n heilige plek in wat deur mense gemaak is en net soos ’n skaduwee van die regte een is nie. Nee, Hy is in die hemel self na God toe om ons saak daar by God namens ons te gaan stel. Die hoëpriester op aarde moes ook natuurlik elke jaar in die Heiligste deel ingaan met die bloed van diere. |