Hebrews 9:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit was dus nodig dat die voorbeelde van dinge in die hemele hiermee gereinig moes word; maar die hemelse dinge self met beter offers as hierdie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is waarom die aardse verbondstent en alles daarin — wat maar net afbeeldings van die dinge in die hemel is — met die bloed van diere gereinig moes word. Maar die hemelse dinge self het ’n baie beter soort offerande as hierdie nodig gehad. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. |
| Afrikaans 1983 | Die aardse afbeeldings van die hemelse dinge moes dus noodwendig deur hierdie middele gereinig word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was dus nodig dat die afbeeldings van wat in die hemele is, deur hierdie dinge gereinig word – maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dinge in die tempel-tent hier op die aarde het gelyk soos die dinge in die hemel. Daarom moes die priesters hierdie dinge op die aarde reinig met hierdie dinge waaroor ons nou gepraat het. Maar iemand moet die dinge in die hemel self reinig met beter offers, dit moet beter wees as die offers wat die aardse tempel-tent gereinig het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die aardse Heilige plek en alles daarin is maar soos ’n skaduwee van die hemelse Heilige plek. As die aardse plek so met bloed vir God aanvaarbaar gemaak is, was daar vir die hemelse Heilige plek ’n baie beter offer nodig. |