Hebrews 9:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het hy die tabernakel sowel as al die gereedskap van die bediening met bloed besprinkel.
Afrikaans (NLV) 2011 En op dieselfde manier het hy bloed gesprinkel op die verbondstent en al die voorwerpe vir gebruik by die erediens.
Afrikaans 1933/1953 En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel.
Afrikaans 1983 Ook die verbondstent en al die voorwerpe vir gebruik by die erediens het hy op dieselfde wyse met die bloed besprinkel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En op dieselfde wyse het hy die tabernakel en al die godsdienstige voorwerpe met die bloed besprinkel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het ook so bloed gespat op die tempel-tent en op al die dinge waarmee die priesters hulle werk gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het Moses die bloed gaan sprinkel op die Heilige plek en alles wat daarin vir die diens van God gebruik is.