Hebrews 9:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want daar is 'n tabernakel gemaak; die eerste, waarin die kandelaar en die tafel en die toonbrode was; wat die heiligdom genoem word.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat die aardse heiligdom betref: die verbondstent het twee vertrekke bevat. In die eerste een, dié een wat die Heilige genoem word, het die kandelaar en die tafel met die offerbrode gestaan.
Afrikaans 1933/1953 Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word;
Afrikaans 1983 Die verbondstent is opgerig, en in die voorste gedeelte daarvan, wat die Heilige genoem word, het die kandelaar en die tafel met die offerbrode gestaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die voorste tent was toegerus met die kandelaar, en die tafel met die •vertoonbrode, en is die “Heilige” genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het die tempel-tent gebou. In die eerste kamer was die lampstaander en die tafel met die offer-brood. Hulle het die eerste kamer genoem die “ gewyde kamer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Spesiale plek met twee kamers is reggemaak. Die eerste kamer is die “Heilige deel” genoem. Daar het hulle ’n lamp en die tafel met die heilige brood gesit.