Hebrews 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want nadat Moses elke bevel volgens die wet aan die hele volk gespreek het, het hy die bloed van kalwers en bokke geneem, met water en bloedrooi wol en hisop, en hy het die boek sowel as die hele volk gesprinkel.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat Moses al die gebooie van die wet aan die hele volk voorgehou het, het hy die bloed van kalwers en bokke met water verdun en sowel die wetboek as die hele volk met behulp van rooi wol en hisoptakkies besprinkel.
Afrikaans 1933/1953 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel
Afrikaans 1983 Nadat Moses al die gebooie van die wet aan die hele volk oorgedra het, het hy bloed van kalwers en bokke saam met water geneem en met rooi wol en hisop die wetboek self sowel as die hele volk besprinkel
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Immers, nadat elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk bekend gemaak is, het hy die bloed van die bulkalwers en die bokramme saam met water geneem, en met helderrooi wol en marjolein het hy die boekrol self, en ook die hele volk besprinkel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want nadat Moses vir die volk vertel het van al die reëls van die wette, het hy die bloed van kalwers en bokke saam met water geneem. Hy het hisop-takkies vasgemaak met rooi wol en hy het bloed en water gespat op die boek van die wette en op die hele volk,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle onthou mos dat Moses eers elke reël wat in die wet gemaak is, vir die volk voorgelees het. Toe vat hy wol wat rooi gekleur is en takkies van ’n hisopplant en sprinkel daarmee die bloed van kalwers en bokke saam met water oor die boek waarin die reëls staan en oor al die mense.