Hebrews 9:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want waar 'n testament is, moet daar ook noodwendig die dood van die testateur wees.
Afrikaans (NLV) 2011 As iemand sterf en hy laat ’n testament na, kry niemand enigiets voordat die testateur werklik as dood bewys is nie.
Afrikaans 1933/1953 Want waar 'n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word;
Afrikaans 1983 Dit is soos met 'n testament: daar moet eers bewys word dat die testamentmaker dood is,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waar 'n testament ter sprake is, is dit nodig om die dood van die een wat dit gemaak het, te bevestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n persoon 'n testament gemaak het, dan moet die mense wat sy goed erf, eers wag tot daardie persoon dood is,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [16-17] Dit gaan net soos met ’n testament. Die een wat die testament gemaak het, moet eers doodgaan voor die testament in werking kom. Solank hy nog leef, geld die testament nog nie. Die ooreenkoms wat God met sy mense gemaak het, werk soos ’n testament.