Hebrews 9:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as die bloed van bulle en bokke en die as van 'n vers wat die onreines besprinkel, heilig maak tot die reiniging van die vlees; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onder die ou stelsel kon die bloed van bokke en bulle en die as van ’n vers, wanneer dit oor mense gesprinkel word, hulle liggame van rituele besoedeling reinig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as die bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, |
| Afrikaans 1983 | Wanneer die bloed van bokke en bulle en die as van 'n vers op die onreines gesprinkel word, maak dit hulle uiterlik rein. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want as die bloed van bokramme en bulle, en die as van 'n jong vers, die verontreinigdes deur besprinkeling wy, met die oog op die reiniging van die liggaam, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters het op onrein mense die bloed gespat van bokke en bulle en die as van 'n vers-kalf wat heeltemal verbrand het en wat hulle in water gegooi het. Wanneer die priesters dit gedoen het, dan het dit die onrein mense gereinig en dan was hulle rein. Dan kon hulle weer in die tempel kom en vir God dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onder die reëls van die ou ooreenkoms is die bloed van bokke of beeste of die as van ’n bul wat op die offeraltaar verbrand is, op iemand gestrooi. So is daar ontslae geraak van al die verkeerde dinge wat die persoon vir God onaanvaarbaar gemaak het. |