Hebrews 8:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; omdat hulle nie in my verbond gebly het nie, en Ek het nie op hulle ag geslaan nie, spreek die Here. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sal anders wees as die een wat Ek met hulle voorouers gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uitgelei het uit Egipte. Hulle het nie aan my verbond getrou gebly nie; en Ek het my rug op hulle gedraai. |
| Afrikaans 1933/1953 | nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here. |
| Afrikaans 1983 | Die nuwe verbond sal nie wees soos dié wat Ek met hulle voorvaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand gevat het om hulle uit Egipte uit te lei nie, want hulle het nie my verbond gehou nie, en Ek het hulle verwerp, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorouers gesluit het op die dag toe Ek hulle met my hand gegryp het om hulle uit Egipte uit te lei nie; want hulle het nie by my verbond gebly nie, en Ek het hulle geïgnoreer, sê die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie verbond sal nie wees soos die verbond wat Ek gemaak het met hulle voorvaders nie. Ek het daardie verbond gemaak op die dag toe Ek hulle hand geneem het om hulle uit die land Egipte te bring. Maar hulle het my verbond gebreek, daarom het Ek hulle weggegooi, sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal heeltemal anders wees as die ooreenkoms wat Ek met hulle voorgeslagte gemaak het. Ek praat van die ooreenkoms wat Ek met hulle gemaak het toe Ek hulle veilig uit Egipte uitgelei het. Maar hulle het nie hulle deel van die ooreenkoms nagekom nie. Daarom het Ek ook nie meer my deel van die ooreenkoms nagekom nie en my rug vir hulle gedraai.” Dit het die Here gesê. Maar die Here het verder gegaan: |