Hebrews 8:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as daardie eerste verbond onberispelik was, sou daar vir die tweede geen plek gesoek gewees het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die eerste verbond perfek gewerk het, sou daar geen behoefte aan ’n tweede een gewees het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir 'n tweede gesoek word nie. |
| Afrikaans 1983 | As daar aan die eerste verbond niks kortgekom het nie, sou 'n tweede nie nodig gewees het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want as daardie eerste een foutloos was, sou daar nie behoefte gewees het aan 'n tweede een nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar moes 'n tweede verbond kom, want die eerste verbond het nie alles gedoen wat dit moes doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die eerste ooreenkoms volledig en sonder probleme was, sou ’n tweede een mos nie nodig gewees het nie. Dat alles nie met die eerste ooreenkoms reg verloop het nie, kan ons daarin sien dat God ontevrede met sy mense was. |