Hebrews 8:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar nou het Hy 'n voortrefliker bediening verkry, deur hoeveel Hy ook Middelaar is van 'n beter verbond, wat gevestig is op beter beloftes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar nou het Jesus Christus ’n bediening verkry wat net soveel uitnemender is as wat Hy Middelaar is van ’n voortrefliker verbond, ’n verbond wat voortrefliker is omdat dit op voortrefliker beloftes berus. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar nou het Hy 'n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van 'n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. |
| Afrikaans 1983 | Maar nou het Jesus 'n voortrefliker priesterdiens gekry deurdat Hy Middelaar is van 'n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar nou het Jesus 'n meer verhewe bediening verkry, in dié sin dat Hy ook Middelaar is van 'n uitnemender verbond, wat op grond van uitnemender beloftes regsgeldigheid verkry het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nou het God hierdie Hoëpriester, Jesus, gekies en aangestel om die werk van 'n priester te doen, en sy werk is baie belangriker as die werk van die priesters op die aarde. Dit is so omdat Jesus ook die Middelaar van 'n beter verbond is. God het die nuwe verbond vir sy volk gegee toe Hy beter dinge vir hulle belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die werk wat Jesus as priester doen, is baie beter as die ander priesters se beste pogings. Net so is die ooreenkoms wat Hy tussen God en die mense gemaak het verreweg beter as die oue, omdat dít wat God beloof het soveel beter is. |