Hebrews 8:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as hy op die aarde was, sou hy geen priester wees nie, aangesien daar priesters is wat gawes volgens die wet aanbied. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As Hy nog hier op aarde was, sou Hy nie eers ’n priester kon wees nie omdat daar reeds priesters is wat die wetlike offers bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer, |
| Afrikaans 1983 | As Hy nog op aarde was, sou Hy nie eens priester kon wees nie, omdat volgens die wet daar reeds priesters is wat die gawes offer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As Hy dan op aarde was, sou Hy nie 'n priester gewees het nie, aangesien daar priesters is wat die gawes volgens wet bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie Hoëpriester in die hemel sou nie 'n priester kon wees as Hy op die aarde was nie, want hier op die aarde is daar priesters wat die presente offer soos die Wette van Moses sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As Hy maar net ’n gewone mens op aarde was, sou Hy nie eens ’n priester kon wees nie, want daar was al priesters. Die wet sê mos presies wie op aarde ’n priester mag wees en wie nie. |